Die volhoubaarheid van toerisme is in die moderne tyd baie belangrik. Mense het meer geld en tyd om te toer, en dit is vir hulle belangrik om hulle kennis te verbreed. Ongelukkig het die onlangse resessie in die ekonomie toerisme 'n knou gegee. Mense wil nie meer so baie reis nie...
Dit beteken egter nie dat toerisme verdwyn het nie, nee, dit is nou juis die tyd om toerisme te bou, om mense te lok.
Dit kan gedoen word deur die volhoubaarheid van toerisme. Die volhoubaarheid beteken om te bewaar, en te beskerm, teen die elemente wat toerisme bedreig, en vernietig. En dit kan nie toegelaat word nie.
Dit kan gedoen word deur deeglike beplannig vir enige toerisme aantreklikheid wat opgerig wil word, soos; hotelle, gastehuise, lodges, wildsplase, ens. Dan moet daar ook gekyk word na die bewaring van die natuurlike omgewing wat direk geraak word. Dit is waar ekotoerisme 'n baie belangrike rol speel. Toeriste moet geleer word om die natuur te respekteer, en dit te bewaar vir die generasies wat volg. As dit nie gedoen word nie, kan daar nie 'n toekoms wees vir toerimse nie, nie 'n toekoms nie.
Ek daag almal uit wat die blog besoek om stellings te maak oor hoekom hulle dink dis belangrik, of dan nie. En help planne maak....
DIs ons toekoms...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dankie, hierdie inligting het my baie gehelp met my arries taak. En dis buitendien baie waar wat jy sĂȘ. Ek moet 'n taak maak oor volhoubare toerisme (ek is graad 11). Onder hierdie onderwerp moet ek praat oor die finansies van volhoubare toerisme, die omgewing en die kuns en kultuur asook indiensname. Moontlik kan jy my 'n paar tips of webtuistes gee..? Ek sukkel nogals om inligting te kry. Die taak moet 3 Mei in wees. As jy kan/wil help, dankie. So nie, nogsteeds dankie. Enjoy ur day!
ReplyDeleteLucie!